Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

LET WEL: Die liewe dagboek segment word netso vanaf die deelnemers geplaas. Dit is in hulle eie woorde geskryf en geen korreksies weglatings of veranderings is aan die teks aangebring nie.

Liewe dagboek,

Vandag het die paadjie tot voor die beoordelaars meer bekend gevoel.......my dwalende oë het hul kyk op die tafel vol houtgoed langs die beoordelaars gekry terwyl ‘n duisend idees hul  lê in my kop kom kry het.....

Ons het n ou basaar speletjie gespeel.....Tombola!!

My hart het gebokspring toe ek die hout tafeltjie trek..... sommer geweet dit gaan n lekker projek wees.....     wát ook al ek met dié tafeltjie moes doen.

Langs my kon ek hoor hoe Heidi iets binnensmonds prewel.......’n lap sak!!....rêrig????  

Ons mag ons tombola items opdollie soos ons wil! Wat n lekker gedagte.Die slanke bene van die tafeltjie voer my weg na laventel lande op die Franse platteland, en ek besluit om hom te verf in “Duck egg “ kryt verf.Bo-op gaan ek n Franse motief decoupage en die pootjies se voete gaan ek met ‘gold leaf’ n verouderings effek gee.

Ek is in my element en geniet elke oomblik van die minute wat verby tik en ek wonder wat doen Heidi met haar lap..........

Die kryt verf tegniek het ek al male sonder tal gedoen en ek was baie gelukkig met hoe hy uitgekom het.Die donker waks op die kante en hier en daar het bygedra tot die verouderings voorkoms wat ek wou skep. Die Franse decoupage motief,stensil  tegniek op die hoeke  en gold leaf pootjies  waarop ek ook bietjie donker was opgevryf het, het die prentjie net mooi  afgerond.......my tombola tafeltjie was gereed vir enige chateaux op die Franse platteland!

Liewe Dagboek...


Dis 'n nuwe dag met n nuwe uitdaging.

Vandag, in Episode 2, speel ons Tombola en ek eindig op met 'n hout heksagoon 'iets' in my hande. Ek het geen idee wat ek hiermee gaan doen nie, maar dit kon erger gewees het, troos ek myself. Ewe skielik begin die 6 hoeke met my praat:

'Voeltjies... Voeltjies het vere! Vintage... Macrame! Macrame vere!!!

Nou is ek baie opgewonde! Kleur??? Iets tydloos en stylvol...GRYS! "Jy kan nie macrame vere in 2 ure gedoen kry nie, dis te entoesiasties" se 'n ander stemmetjie. 'Watch my'! Gedurende die 2 ure werkstyd, sing die voeltjies aanhoudend in my ore. En voor ek my oe uitvee, is my projek klaar. Met tyd om te spaar! Sien! Ek het jou gese 'watch my'. Ek het hierdie uitdaging vreeslik geniet. En ek is so trots op myself.

Het vandag uitgesien na ons volgende uitdaging. Het met biekie meer selfvertroue Die Kunsvlyt lokaal ingegaan.  Ek het gehou van die manier waarop die uitdaging aan ons gegee was.  En ek was sommer baie opgewonde toe ek my item trek.  Ek het lekker gescrap aan die houtboksie, het toe sommer 'n paar tegnieke ook ingespan.  'n Paar foutjies het verhoed dat dit perfek was maar algeheel was dit mooi en netjies. Ek het 'n paar “tips’ van die beoordeelaars gekry waaaroor ek baie bly was.  Ek was tevrede en het uitgesien na die volgende ronde.  Ek het ook tot die besef gekom, hierdie is nie 'n speletjie nie, glad nie maklik nie maar baie bevredigend.  'n Lekker leerskool!

Liewe Dagboek 2,

Ag regtig waar??? Ek het met soveel positiwiteit vandag op die kunsvlyt vloer gaan staan en eers was ek opgewonde oor die lamp, want ek het 'n idee gehad...Reeks 1 het 'n lamp uitdaging gehad en ek het toé al hierdie idee gekry en wat gebeur toe?? Die boor wil nie saam my werk nie!!

Dié boor was baie snaaks, kon nie verstaan hoe die boorpunte in die boor vas maak nie en hoe meer ek sukkel hoe minder kry ek reg en hoe vinniger hardloop die tyd met my weg!

Ná ek genadiglik die 1ste gat met 'n skroewedraaier punt gemaak kry, breek die ondersteunings plank reg in die middel toe ek die 2de gat probeer maak....ag vrek...wat nou???? Dalk bietjie trane??? Neeee daar is nie tyd nie...maak 'n plan Elanie!!

Só amper amper diskwalifiseer ek myself deur na die rommelkas te gaan soek vir korter spykers, dit was VERSEKER die Heilige Gees wat my gekeer het!!

Gelukkig vir die 1 gat, waardeur ek 'n skroef kon vas kry en toe word my lamp die leaning-tower-of-Elanie

Liewe Dagboek,

Ek het vanoggend so positief opgestaan. Na verlede week se uitdaging het ek so goed oor alles gevoel. Nie een van ons het natuurlik geweet wat die uitdaging gaan wees nie, hoe lang tyd ons gaan kry en of dit dalk ‘n groepsuitdaging gaan wees nie.

Ons stap in en daar langs die beoordeelaars staan ‘n tafel met 10 objekte op. Almal van hout gemaak, behalwe een. Dit lyk amper soos ‘n voorskoot. Vandag was ons verras met TOMBOLA!!! Jippeeeeee!!!

Ons was gevra om elkeen ‘n nommer kaartjie in die sakkie by Almie te gaan trek. Die nommer wat ek toe trek is toe natuurlik NO1. Die “VOORSKOOT”, wat toe al die tyd ‘n helse groot sak was. Ek was uit gebowl vir ‘n 6. Ek slaan net daan blank. Al wat ek toe kon aan dink was om die sak te versier met Stencils en Chalk verf. Ek het ook ‘n baie mooi Materiaal gevat om ‘n ekstra sak bo-op die sak te maak. “DESASTER”!!!!! Ek is natuurlik ‘n boffin waar dit by naalwerk kom………NIE!!!!! Ons het almal lekker gelag omrede ek so onkundig met die naaldwerk masjien was. Maar dis waar wat hulle sê: “van lekker lag, kom lekker huil! Van daar af het alles skeef geloop. Ek moes die sak bo-op die groot sak vaswerk, maar my verf was nog nat. Ek het die sak versigtig omgedraai en die ander sak sommer met die gomgeweer opgeplak, en toe…………en toe ek die sak omdraai het al my verf gesmeer. Net daar het ek gevoel hoe my voete onder my uitgeslaan word. Ek kon nie anders as om in trane uit te bars nie. Ek het verseker gedink ek gaan my kwasse moet oprol vandag. Maar deur die Here se genade en goedheid, was dit nie ‘n uitval rondte nie.

Ek voel so teleurgesteld in myself, want toe ek na die tyd my instrusies deurlees, sien ek dat ek enige iets met die sak kon doen. Ek het my les geleer. Ek sal my instruksies van nou af 10 keer deurlees voor ek begin.

More skyn die Son weer.

Dear Diary,

I am so glad I have you to talk to as I am not allowed to tell anyone of my experiences until the show is aired! And it’s all so exciting I’m bursting to share, as women do you know! Today was our second time on the kunsvlyt floor and although you now think you know what to expect you don’t! When we walked in there was a table at the front with allerande mooi goetertjies on. 9 wonderful numbered MDF blanks of different types and one piece of folded fabric. Well I say mooi goetertjies but that piece of fabric scared me stupid! We each had to go and draw a number and collect the corresponding item. My heart was in my throat as I soooooo didn’t want the fabric! Shew I got lucky and drew a bird feeder…happiness is!! I have had my eye on all the wonderful little cacti and succulents from clay club so I decide to make a garden!

I really had tons of fun with this project and I was really happy with my final result except for my homemade rust effect which didn’t come out as well as I would have liked. All I needed to do was add a bit more sand into the paint mix But it was that clock again …….:-)

Ps. once I get going with the project I forget the camera, the aching muscles, the judges, the other kunsvlyters…all I can see is my table and THAT clock!!

Liewe Dagboek,

Ek voel vanaand effens geskud. Sewende? My hoededoos was gewis nie die mooiste item wat ek ooit gemaak het nie, maar séwende plek? Hier is iets wat ek nie verstaan nie. Ek moet probeer agter die kap van die byl kom. Wat moes of moet ek anders doen? Ek moes dalk groter blokkies knip om vinniger te kon plak en tyd te spandeer om die binnekant ook mooi te maak, en dalk ‘n funky knop of handvatsel te praktiseer. Dit was wel in die beplanning…

Ek voel verlig dat ek eindelik nou ook ge-decoupage het (ek het in my lewe nog nooit ge-decoupage nie, nie met servet, lap of papier nie, want ek het nog nooit van die look gehou nie. Maar ek gaan, wanneer ek tuis kom, my naaldwerkkas met material decoupage, die look groei op my! Haha!). Met meer tyd sou ek dit beter en mooier wou afrond, maar ek hou nietemin van my produk. Dit lyk vir my heeltemal anders as almal anders s’n, daarvan hou ek ook.

PS: Ek hoop ek kan slaap, want wie, o wie, sal daardie hoededoos koop?! Hahahaa!

Liewe dagboek,  

Vandag is episode 2, ek is bang en opgewonde. Wat gaan ons vandag kry? Ek dink ek is dalk ‘n “closet” adrenalien “junkie”. Ons word op “gemike” en staan in ‘n ry reg om te gaan. Ready! Set! Wag! Net nog ‘n rukkie! Weet die mense nie wat doen hulle aan my nie? Ek haat wag! Ons stap in en daar staan ‘n tafel met 10 verskillende produkte. Okay… Interessant!

Elkeen trek ‘n nommer en die produk met die selfde nommer is joune. Tombola! Daar is ‘n lap op die tafel, en ek vra baie mooi dat ek hom nie kry nie. Ek trek toe die groterige hout kassie. No problem! 3 ure, ek behoort hom klaar te kry. O well, a problem… Dis 2ure, ek wil strepe verf maar daar is nie genoeg masking tape nie. Ek verf, en verf, en verf. Ek besef later dat ek gaan moet ophou verf en iets aan die kassie doen. My strepe is nie netjies nie. My rokkies wat ek aan kant verf is nie op standaard nie. Die tyd, is ook nie op standaard nie. Dis TÉ MIN!!

Ek gebruik sagte pastelle om fyner detail aan te sit, en vergeet dat dit smeer. Reg langs dit op die rak is olie pastelle, maar ek het dit gevat. Néé!... So leer mens maar! Tyd is op, kassie is klaar, soort van, definitief nie perfek nie. Maar ek het nog ‘n episode oorleef sonder om morsdood neer te slaan van stress. O ja, ek dink ek het gevloek op kamera… Jammer!

My hart bloei vir Heidi, sy het die lap gekry. Maar niemand gaan huis toe nie.

Dis Vrydag, ons 2de opdrag en ons voel so klein bietjie minder verwilderd. Vandag het ons geen idee wat ons kry nie. Gister het ons darem ‘n idee gehad, maar vandag weet ons glad nie.

Ons moet 8:15 op stel wees. Met die instap sien ons ‘n tafel met 10 verskillende produkte met nommers. Wat is dit? Dis ‘n Tombola tafel met allerhande produkte wat mense nie meer gebruik nie. Almie bring ‘n sakkie te voorskyn en ons kry beurte om ‘n nommer te kies.  Jy kry dan daardie produk…. Ek kyk na die hoededoos en dink al wat ek met hom kan doen! Ek wil net nie die lampie hê nie!

Ek trek toe die nommer met die “Braai Caddy”.  Ek is gelukkig met my “keuse”. My brein begin alklaar oortyd werk aan al die idees… 

Ons beplan en doen inkopies. Daarna begin ek fluks aan my projek.  Ek gaan die “Braai Caddy” in ‘n “Art Caddy” verander.  Ek het ‘n houtraampie gekies by die Creative Talents stasie om afskortings te maak binne die “caddy” en nog ‘n ekstra boksie wat mooi op die “caddy” pas. Ek is skoon opgewonde. My vriendin, Heidi, het die linne inkopiesak gekies. Deur my gewerskaf, hoor ek hoe sy sukkel met haar projek. “FOKUS NET” sê ek net kort-kort vir myself.

Ons lag lekker vir Heidi tydens haar onderhoud met Michelle oor haar naattoelatings en naaldwerk vernuf!

En vining is die tyd weer verby.  Ek het heerlik gespeel!

Die episode wenner word aangekondig en dis EK! WOW! Ek wen ‘n geskenkpak en ‘n geskenkbewys! En immuniteit vir die volgende episode.

Weereens gaan niemand huis toe nie – wat ‘n verligting!  Maar dit laat ons almal net besef dat iemand binnekort sal moet vertrek en dit maak ons almal hartseer.