Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

LET WEL: Die liewe dagboek segment word netso vanaf die deelnemers geplaas. Dit is in hulle eie woorde geskryf en geen korreksies weglatings of veranderings is aan die teks aangebring nie.

Liewe dagboek,

Die oggend breek vroeg vir my......geen plaas geluide om die nuwe dag aan te kondig nie.

Ek lê en luister na die stadsgeluide wat plek plek begin ontwaak.Wat hou hierdie nuwe dag in? Ons skiet episode 3 en vandag gaan iemand  beslis huis toe......dalk ek? 

’n Mens bevraagteken mos maar altyd jou vermoëns. Na episode 1  lê ek sewende op die ranglys,nou nie juis ver van laaste nie.Ek gaan soek in my kop my projek....ek het so na as moontlik aan die kriteria probeer werk, wat was dan fout? Episode 2, ook nie veel beter nie.....darem vyfde. Miskien het ek te veilig probeer speel.Vandag sal  ek moet uithaal en wys en probeer om ten minste onder die eerste drie te eindig!

Ek voel meer tuis in my vel vanoggend,dink ek raak vir Harry my kameraman gewoond wat n rustigheid uitstraal, al is hy oral om my.

Ek kry lag as ek dink hoe ons 10 lyk as ons instap met oë wat soos verkleur mannetjies uit ons kaste draai om te sien wat op ons werk stasies vir ons wag.....tien klippe en n gips bord!!!

Ek besluit om meer gewaagd te wees vandag,minder te doen wat ek dink die beoordelaars wil hê,en iets heel anders te probeer.......   My klippe gaan my nie sink nie,nee hulle gaan seil! Net agter my by die Creative talents rak loer 'n stuk hout wat uit verskillende plankies aanmekaar gesit is, al lank vir my. Dit gaan perfek werk as 'n stuk dryfhout uit die see vir die agtergrond van my “Gone fishing” muur skildery wat ek beplan. Helfte klippe gaan bootjies op die see wees en die ander klippe  gaan geboue wees in die voorgrond op die strand.Ek gryp die stuk hout heel eerste tydens ons inkopie tyd, ek trek hom uit en sien dis 'n ou kort stukkie, toe nie die groot stuk soos dit van onder uit die rak gelyk het nie! Wat nou???!! Ek hardloop rommel kas toe, daar is ook nie 'n groot genoeg stuk hout nie. Ek begin paniekerig raak, ek het geen plan B nie!! Agter in die hoek by die water stasie sien ek die groot hout borde, sjoe hy is groooot en nou die dryfhout effek nie, maar hy sal maar nou moet doen! 

Die ronde gipsbord gaan ek decoupage met n bloedrooi en blou seilboot en n lint randjie om dit af te rond. Ek verf n see toneel op my houtbord  en verf die wit see perdjies in. ’n Opgewonde gevoel spoel oor my soos branders oor die strand.....ek het n goeie gevoel oor hierdie één!My see toneel lyk vir mý pragtig.

Die seilbootjie klippe verf ek in blou en rooi,plak n reddingsboei  en anker hier en daar.Sosatie stokkies met linne lap span die seile en my klip bootjies vaar bol in die wind!Die geboue verf ek in verskillende kleure en met Sharpie penne kry venstertjies lig. Tydens ons winkel tyd het ek gegrou vir die letters “Gone Fishing”, maar besef die letters is deurmekaar en wat n taak om jou letters te kry wat jy soek! My ‘g’ is toe n onderstebo 5 , maar dit werk! Terwyl ek my lint valletjie met my glue gun plak, sê Michelle of was dit nou Almie??.....ek kon dit met die naaimasjien geryg het,maar die tyd het my ingehaal en om nog naaldwerk stasie toe te hardloop en gare in te sit,sou my kelder, dus moet die glue gun maar die plooitjies help maak.

Ons 10 staan buite en wag vir die vonnis. Ek sien die baie ‘missed calls’ op my foon van my man af en wéét instinktief dat daar fout is. My hart sak in my skoene toe hy my meedeel dat hy dringend na die buiteland moet vertrek vir werk.My arme man het alles in sy vermoë gedoen om n iemand te kry om te kom instaan op die plaas sodat ek nog kan aangaan met Kunsvlyt, maar helaas. Omdat ons 'n gasteplaas het met  gaste wat voortdurend kom en gaan moet hier 24/7 iemand wees asook iemand  om die boerdery te  behartig.Ons praat hiernatoe en daarnatoe.....dit kan nie anders nie,ek sal die Kunsvlyt vloer moet verlaat.

My hart is seer en ek is teleurgesteld,want  ‘wat  as..........’. Wie sal ooit weet? Die eindreis was my nie beskore nie, maar gelukkig kan ek vandag vir die Kunsvlyter wat moet huis toe gaan ‘n reddingsboei uit my skippie gooi. Sterkte aan my ander 9 kunstige maatjies.

Dankie aan almal wat dit vir my moontlik gemaak het, almal wat in my glo en ondersteun. Dankie my man vir jou opoffering.

Ek ry deur die hekke van L’Aquilla ... ek is tevrede. Op hierdie reis het ek wonderlike en interessante mense ontmoet, 'n skatkis van talent en kreatiwiteit ontdek, nuwe vriendinne gemaak, my seile bietjie gespan en diepsee gaan vaar.

Hiers die 10 klippe en gipsbord tragedie, 

Wat n dag!! 

Toe ons instap in die Kunsvlyt lokaal wag n tafel vol klippe en n gipsbord op ons.  My hart het sommer met my weggehardloop. Wat sou ek maak!!  Hier moet jy in die hoogste versnelling dink.  Voetstukke , dis wat eerste in my kop opgekom het.   Dit was n moeilike dag vir my, my hele idee was n flop.  Het verkeerde besluite geneem, verkeerde gom gebruik.  Ek was lanklaas so moedeloos en al wat ek weet, ek moet dit op n manier probeer red.   Harde les geleer.  Ek het ook besef dat ek dalk huistoe gaan.  Die standaard is te hoog, om flaters te maak, dit gaan jou duur te staan kom.  Wel dinge het gelukkig vir my anders uitgewerk.  Ek het besef ek sal my “game” moet lig. 

Jinne Michelle, ek beleef weer daai dag. Ek kry sommer weer daai angs gevoel.   My man lag lekker vir my oor my klippe en gipsbord en hard as nails wat nie  gewerk het nie. 

Liewe Dagboek 3,

10 klippe en 'n gipsbord...SERIOUSLY??? 

Ag nee vrek!!! Hoekom kan ek nie net 'n gewone uitdaging kry waar ek my "gemak sone" tegnieke en produkte kan gebruik nie??

Die idee vir die hop-scotch het eintlik vanself gekom, ek was net besig om die klippe uit te pak om te sien hoe elke klip lyk en verskil van mekaar en toe sien ek die "voetpaadjie"...ek dink my seuntjie gaan REGTIG hiervan hou en sal dit seker by die huis vir hom moet maak!!

En daar kry ek die positiewe inspuiting van om 8ste plek te behaal, nie meer laaste of 2de laaste nie, besig om op te beweeg, nie lekker om NOGSTEEDS onderste 3 te wees nie, maar darem nie laaste nie!! Kom ons kyk of ek met die volgende uitdaging sommer 2 plekke kan spring??

Liewe Dagboek,

Ek moet sê, vanoggend was ek nie baie positief na verlede week se disaster nie, maar ek het God gevra om my net kalmte, motivering en inspirasie te gee. Ons stap in op die vloer en op ons tafels is klippe en ‘n gips bak. Ek het onmiddelik opgewonde geraak, want ek het voorberei vir iets soortgelyks.

Toe ons tyd begin, het ek in die winkel gegryp wat ek nodig gehad het en begin. Trudie het op die eerste aand gesê dat ons altyd die regte gom moet vat, want dit is meeste kunsvlyters op die program se “dowfall”. Ek het sommer 4 verskillende gomme gebruik. Ek het besluit om ‘n kersblaker in ‘n bak met klippote te maak. Alles het so perfek uit gekom, maar die tyd, die tyd, die tyd!!!!! Twee ure per projek is ongelooflik kort. Ek het weereens my gomgeweer gebruik. Maar met die beoordeling het ek agtergekom ek het die verkeerde gom gebruik en ek het die regte gom gevat!!!!! LOL!

Maar vandag was ek gelukkig veilig en ek was baie happy met my projek.

Kom ons hoop volgende week gaan net so glad verloop.

Dear Diary,

Oh my word! What a day!! Laughter, tears, stress, frustration!! Let me tell you it’s not as easy as its going to look on TV!

It’s really tough…physically, mentally, emotionally, creatively…BUT it’s also GREAT!!

When I walk onto the floor I can’t help but look at my table and the front to try to see what’s up. Everyone does…! Your mind is so focused on the next challenge. Today was a shocker….a paper mache plate/bowl and 10 small rocks (about fist size). The first thing that ran through my brain was “what on earth???????????????” are they crazy? I mean rocks?? And you have to use all ten. Wow ………….” Luckily I don’t hit a blank….I have some ideas … mmmmm but ten is not working for me!

So while I’m still standing at the front my eye catches some brightly coloured wool in the ‘shop’

That’s it!! A bowl of wool…yay…I love bright colours!! With knitting needles made from paint brushes and lots of other lovely brightly coloured crafty goodies, like tape measures and scissors etc. Well…..some of the ‘wool’ was wool and that wound around the rock really easily but then I got to the fabric wool and oh my word was it slippery!! After lots of glue gun and some burnt fingers it was done. I was really proud of my result and disappointed that I only came in the middle as I really thought it was great!

What really blew me away was to see 9 different unique projects!! And all so stunning!

It was a seriously AHA moment for me, that has left me on such a high!! I mean if I can make something beautiful with rocks in 2 hours then I can do anything I put my mind to!!

 

Liewe Dagboek,

Ek begin agter die kap van die byl kom! Ek het vandag ‘n belangrike ding geleer: daar is ‘n hemelsbreë verskil tussen ‘arts’ en ‘crafts’. Dit word meestal as een konsep gebruik, maar vir my is dit definitief twee (en hierdie is maar bloot my opinie, nie noodwendig tegnies korrek):

‘Crafts’ werk vanuit die linkerbrein: jy doen beplanning, sit alle effort in om so effektief en netjies moontlik by die eindproduk uit te kom, sonder om teveel van die beplanning af te wyk. Daar is ‘n korrekte manier of resep om byvoorbeeld linte te knip en te bind, papier te sny, die regte gom te gebruik, rante af te werk, stensils te gebruik ens. Jy is gebind aan (die korrektheid van uitvoering en netheid van) die finale produk. En dit is goed.

‘Arts’, daarenteen, werk vanuit die regterbrein: kry so plus-minus ‘n idee waarheen jy werk, fokus op die proses van skep, sit by, haal weg en wees verras deur die eindproduk. Werk uit jou hart, nie uit jou kop, daar is geen resep of stappe en gom is gom, solank dit kan plak! As die stensilwerk smeer, gebruik dit as agtergrond om jou kunswerk ryker te maak. Hier is nie reg of verkeerd, want as jy nie van jou produk hou nie, is jy bloot nog net nie klaar daarmee nie. Jy is vry… En dit is ook goed.

Ek hou van my Frieda Kahlo-bord, al het my stensilwerk misluk! Ek hou ook bietjie van sekere klippe, nie almal nie. Maar die belangrike is dat ek vanaand beter verstaan van sesde. Ek was vandag sesde. Ek het werk om te doen! Ek moet in my linkerbrein kom.

Liewe dagboek,

 

Dis ons derde episode. Vroeg oggend saam met die voëltjies, hoor ek almal skarrel. Die voëltjies moet hard sing om tussen die wekkers, haardroërs en storte gehoor te word. Haal diep asem Ronell, niemand is nog huis toe nie maar vandag dink ek iemand gaan huis toe. Dit kan enige een van ons wees, dit gaan sleg wees.

Na die selfde roetine, ontbyt, praat party minder ander meer. ‘n Mens sien sommer dadelik wie het ‘n ekstra drukkie nodig voor ons begin. In ons ry loop ons in en wat lê op ons tafels? KLIPPE! Wat de Fudge!?

Klippe hoort in die tuin, in die veld, in die berg nie op kunsvlyt tafels nie! Klippe is oulik as mens dit op die water kan laat bons en is dan romanties ook. Kyk die mense nie romantiese flieks nie? Dan is daar nog ‘n ronde bord by.

Ek is seker dit gaan nie eers behoorlik in die bord pas nie. Ek kan hoor almal begin eers na ‘n rukkie hulle asems terug kry. Ek kyk na die rommelkas. En saam met die haas transfers wat ek sien, weet ek gaan ek ‘n haas nes maak. Wat is ‘n haas nes? Ek weet nie? Nog nooit een gesien nie… Maar sal hopelik na die twee ure weet hoe lyk een, of hoe een nie moet lyk nie!

Winkel tyd, ek “koop” lap, transfers, plankies, drade en allerhande goed van rommelkas. Raffia en wit balletjies vir stertjies.

Ons tyd begin. Die bord is nie gebou vir tien klip hasies nie… Plak hom vas op ‘n  ander bord, verf, draai klippe toe in lap en maak strikkies met raffia en dan lyk dit bo soos ore! Great!

Transfer tyd. Die kameras kom spesiaal om dit af te neem!!! Dit werk nie… Beweeg aan vergeet van dit! Amper vergeet ek stertjies. Plak druk, sit by, vat weg. Tyd is op!

Ek het ‘n haas nes! Ek weet nou hoe lyk ‘n haas nes! My hart is stukkend, Adri moet huis toe as gevolg van persoonlike redes. Ek wou haar so graag nog beter leer ken! Die werklikheid is niks lekker nie. Hoekom kan ons nie net elke dag aanhou saam speel, want dit is ongelooflik lekker en ek voel so bevoorreg. En aan die einde van die dag, in my bed sê ek soos elke oggend voor ons begin “Nie ek nie, maar U God!”

Ons almal is nou so klein bietjie meer gewoond aan die mikrofoon wat jy heeltyd aanhet en die kameraman wat om jou draai.

Bernè verklap dat sy vandag se opdrag uitgedink het! Ons stap in en daar op ons tafels, lê klippe en ‘n bord. Ons moet vandag iets maak met al 10 klippe en die gipsbord.

Ek besluit om ‘n rotstuintjie te maak met baie mosaïek teëltjies en geroeste draad. Eers beplan ek om die natuurlike klippe in die bord te sit met die ogiesdraad oor, maar na ek mooi lees, sien ek, ons moet AL 10 klippe versier. Gelukkig het ek heelwat teëls geneem.

Die dames sukkel met die klippe en bord. Veral aangesien die bord pap word sodra jy hom verf. Ek is gelukkig dat my bord nie te pap word nie.

Ronell wen die episode met haar oulike “Haasnes”. Danielle Viljoen is laaste maar gaan nie huis toe nie! Adri moet ongelukkig die Kunsvlyt vloer verlaat weens persoonlike redes. ☹

Johan kom kuier vir my die middag aangesien hy nie die Sondag kan deurkom nie. Dis so lekker om my liefie te sien!

Ons 9 dames besluit om iets te maak vir die Gastehuis op ‘n groot “canvas”. Elke dame kry ‘n blokkie om te versier.

Dinge begin nou n werklikheid word. Ons uitdaging vandag was 10 klippe en n gipsbord. Eish! En ek is blank. Nou wat nou! Soos ek rond kyk vir inspirasie op die Kunsvlyt vloer, staar daar 10 unieke gesigte vanaf die tafel op na my. Almal so mooi en volmaak, maar nie een perfek nie. "Tog skyn die son oor
ons almal en val die reen vir ons almal" gaan deur my kop. Lig en water - n Reenboog! Ons is n reenboog nasie!

 

Daar is n plekkie vir ons almal op hierdie kleurvolle aarde...en Hy hou ons almal in die palm van Sy hand. (Gipsbord) Ek besluit toe om die gipsbord swart te maak, soos dit was aan die begin.  Ek is sooooo opgewonde om te begin met hierdie projek. Deur die loop van die 2 ure wys my opgewondenheid van oor tot oor, op my gesig.  Skielik hoor ek Michelle se stem " 10, 9, 8... 3, 2, 1! No worries, eks klaar. Dit was 'magical'!