Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

LET WEL: Die liewe dagboek segment word netso vanaf die deelnemers geplaas. Dit is in hulle eie woorde geskryf en geen korreksies weglatings of veranderings is aan die teks aangebring nie.

Nog n Groepsprojek le vir ons voor en ek is vandag deel van 'Team Danielle'. Ons uitdaging is om n kinderpartytjie tafel te versier. Eerste wat deur my kop gaan is: "Waar is Elanie nie nou nie!" Ek mis my maaitjie. "Sy sou hierdie uitdaging los hande ore aan gesit het".

Met die gedagte van Elanie, voel ek geinspireer deur haar vrolike, sagmoedige en liefdevolle natuur...Gekombineerd met Danielle V se sterkpunte en unsteling
kleurskema(pienk) voel ek vol vertroue dat ons n vrolike kinderpartytjie vir n sprankelende dogtertjie bymekaar kan sit. Ek is opgewonde om te begin en sien uit na ons voltooide projek.

Gedurende die uitdaging begin ek my eie kinderpartytjies herleef...Vasgevang is die verlede, vergeet ek vir n paar oomblikke van als rondom my. 'n Diep gevoel van waardering en dankbaarheid, sak toe oor my. Ek is baie lief vir Mamma en Pappa. Dankie vir als wat julle vir my gedoen het oor die jare.

Met my terugkeer na die Kunsvlyt vloer, is ons reg om partytjie te hou. Ek kan nie help om die humor en ironie in ons tafel raak te sien nie...'n Wit tafeldoek vir n kinderpartytjie! Die arme tafeldoek gaan nooit weer dieselfde wees nie.

Nietemin, dit was n absolute fees om saam met Danielle V te werk. Dit was lekker om vir n slag die dogtertjies in ons te kon vry laat om te kan speel.

Ek was opgewonde toe Danielle N my maat is vir die een. Ons het lekker saamgewerk. Ek het gevoel ons beplanning is goed en weet wat ons wil doen. Ek was heel gelukkig met ons tafel. In oënskou was die tafel dalk te vol gepak met die houtboksies. Maar dit was 'n lekker opdrag en het dit geniet. Ek dink team Danielle was great.

Lekker een gewees!

Liewe Dagboek,


Hier is ek vanoggend Top 6. Ek kan dit nie glo nie. Die uitdagings word nie makliker nie en die senuwees ook nie veel rustiger nie. Ons almal vermoed weer vandag groepwerk omrede daar niemand huistoe is verlede week nie. Soos ons gedink het moet ons weer Gelatos uit die bekende Kusvlyt sakkie trek, en ek en Charlene trek albei die Pers. Ek en Charlene het albei sterk persoonlikhede en natuurlik is nie een van ons bang om te sê hoe ons voel nie. Hier kom ‘n ding! Ons stap in op die Kunsvlyt vloer, daar staan 3 vierkantige tafels met 4 stoele om elk, en langs die beoordeelaars ‘n tafel vol lekker goed, kolvyntjies en versiersuiker. Ek dink dit het dadelik by almal opgekom dat ons ‘n kinderpartytjie tafel moet versier. Dit was toe presies wat ons moes doen.

Charlene het opgekom met die Monster tema, en ons het saam besluit op Pers, Groen en Geel as die hoofkleure. Ek het ‘n vals Verjaarsdag koek gemaak, die plekmaatjies geverf en die kolvyntjies versier. Charlene het op die Cake topper, die geskenkies en inkleur bladsye konsentreer. Ek kom by die kolvyntjietafel en sien daar is net 2 bakke versiersuiker en neem toe aan dat dit tussen ons 3 spanne gedeel moet word. (Onbewus daarvan dat een span reeds hulle bakkie versiersuiker gevat het) Ek vat toe net helfte van die een bak en begin die kleursel ingooi. Nou kyk, waar ek vandaan kom maak Rooi & Blou Pers. Nie vandag nie. My Rooi & Blou het Sjokolade Bruin gemaak. Charlene was toe biedjie kwaai met my, maar ek het vinnig uitgevind dat die ander helfte van die versiersuiker wel ons sin was. Ek gooi toe net groen kleursel by en WHALAH!!!!!! 4 perfekte heldergroen kolvyntjies.

Ons Tafel was eenvoudig maar PERFEK! Ons Monster tema en puik spanwerk was ‘n ons wenresep! Ons het die uitdaging gewen. Baie dankie Charlene vir jou awesome idees en pragtige handewerk. “I’ll take on any craft battlefield with you by my side”. Ek moet sê ek was baie senuweeagtig toe ek langs Charlene staan terwyl ons wag om te hoor wie het gewen. Wanneer sy opgewonde raak, dan wil sy net iets klap of slaan. Ek vat toe haar hand en sê vir haar dat ek nie haar hand vashou omdat ek senuweeagtig is nie, maar omdat ek bang is sy slaan my wanneer sy hoor ons wen. LOL! Charlenekie – Daar is net een soos jy!
Dit was ‘n great dag. Ons het nie net gewen nie, maar ons het ook immuniteit vir volgende week gekry. Dit beteken ons het albei die TOP 5 gemaak.
Dankie Here! U is wonderlik!

Ons is net ses wat oor is. Ons werk saam twee, twee. Ek en Theresa is in ‘n groep. Jipeee! Sy is die sweetste mens weet ons gaan okay wees.

Ons kry ‘n tafel vol lekkergoed op die vloer en 3 tafeltjies. Ons hou partytjie, Twee uur. Ma’s vat weke om dit te doen. Ons gaan met my tema, Ladybirds en daisies. Ons werk so lekker saam, alles gaan volgens plan. Ons tafel is vrek mooi (vir my en Theresa).

Ons kom laaste, ons is diep geskok! Dis nie ‘n partytjie vir seuns nie, meisies hou meer van mooi goed as lekker goed. Dis belangrik dat meisies van kleins af leer om nie so baie lekker goed te eet nie! DINK NET ONS! LOL! Gelukkig gaan niemand huis toe nie. Ek is baie, baie dankbaar! Ek overdose omtrent op al die lekkergoed.

Ons trek weer gelatos en ek en Ronell is in ‘n span. Ons stap op die vloer en sien 3 tafels met 4 stoele by elk. Wat maak ons vandag? Daar is ‘n groot tafel lekkers voor by die beoordeelaars. En ons wonder…

Vandag moet ons ‘n partytjie reel vir 4 maats. Cupcakes versier en lekkers uitsit vir elkeen. Ek en Ronell besluit op ‘n “Ladybird” tema. Ek en sy werk fluks saam en doen baie moeite met ons décor. Ongelukkig kom ons span laaste. ?? Heidi en Charlene wen met hulle Monster tema. Hulle wen immuniteit en niemand gaan huis toe nie!