Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

LET WEL: Die liewe dagboek segment word netso vanaf die deelnemers geplaas. Dit is in hulle eie woorde geskryf en geen korreksies weglatings of veranderings is aan die teks aangebring nie.

Dit was ook n lekker opdrag vir my. Gelukkig kon ek biekie navorsing voor die tyd doen. Ek doen nie eintlik herwinning nie, so dit is nog iets wat ek geleer het by Kunsvlyt 3. Ek het denims gekies met baie sakke asook interessante sakke. Die sakke het ek bo-op die bord gebruik as bêreplek. Die kennisgewingsbord wat ek gemaak het, sal ek met trots vir iemand as n geskenk gee. Dit was netjies, anders en kan beslis goed werk. Sal defnitief weer so een maak. Ek voel trots op my items wat ek tot dusver gemaak het. (Behalwe die klippe nagmerrie). Sien uit na die res wat kom.

Liewe Dagboek 7,  

Ons het 24uur kennis gekry vir die week se uitdaging en ek is dankbaar dat dit nie net 15min is nie, ek was so opgewonde oor my idee en het stap vir stap uitgewerk hoe ek dit gaan doen sodat my projek binne die tyd klaar is en PERFEK gaan wees, maar raai wat...maak nie saak hoeveel ek beplan of voorberei nie, die kunsvlytvloer gooi my appelkar onderste bo - elke keer!!

Ek kan eerlikwaar nie dink wat ek in die eerste uur gedoen het nie, tyd het net gevlieg, soos 'n jet! En dan skop die stress in, want die tyd hardloop uit, almal wil die naaldwerk masjiene gebruik en my projek is nog net stukkies...Die riffel effek wou nie werk soos wat ek dit die vorige aand geoefen het nie, ek dink ek het teen die grein gewerk en nie saam met dit nie, daar het die tydmonster weer ingespring...ek het die vlerke vasgestik sonder om die riffels op te sit, trek los!! Tydmonster!!!

Begin als aanmekaar werk, so tussen Danielle N & Teresa wat ook die masjiene wil gebruik, ag neeeeeee, gaan ek maar met my hand probeer vas werk? Nee jong dit vat my 5 min om die gare deur die naald te kry, want ek bewe so!! Ek sien gate in my stikwerk...5...4...plak iets oor dit...3....2....probeer skoonmaak...1....sit neer julle gereedskap...AG NEE @#$%#!!!

Vandag het ek nie eers gewag vir die beoordeellaars om vir ons te sê ons moet die vloer verlaat nie, ek nie eers gekyk hoe lyk my finale projek nie, ek soek net vars lug!!! Ek weet ook nie eers wat die ander gemaak het nie, ek is net poegaai!!!!

Toe ons ná die beoordeling terug is op die vloer sien ek eers almal anders se AMAZING projekte en ná ons terugvoering het ek net gewéét, vandag is my dag om huis toe te gaan!!!

Dit is 'n bitter pil om te sluk ek wou só graag nog bly en nóg leer, maar my tyd het gekom...ai tog!

En nou moet ek my nuwe vriendinne gegroet, oooo die traaaannnnneee loop!!! Ek het altyd gedink die mense "fake" dit, hoe is dit moontlik om só vinning só diep in 'n ander se hart te kruip, wel nóú weet ek hoe - dit is maklik, baie maklik! Jy moet net die regte mense ontmoet! 

Dankie girls vir 'n onvergeetlike journey!! Ek is só dankbaar vir die geleentheid wat ek gehad het om julle te kon ontmoet, om saam julle op die kunsvlytvloer te speel; lag en huil!

Aan Berné en haar span (agter die skerm, die hartklop van kunsvlyt) só baie dankie vir alles, julle tyd, moeite en opofferings word OPREG waardeer!

Aan Michelle, Almie en liefste Trudie, só baie dankie vir die drukkies en tissues (vir die trane). Julle is ONGELOOFLIKE mense wat my só baie geleer het, ek is só dankbaar ek kon julle agter die TV skerm ontmoet en sien wie julle regtig is, opregte mense-mense!!

Louw (Berné se regterhand op stel en in die lewe) het elke dag hierdie liedjie gesing en dit het 'n regte "ear-worm" geword, maar dit sê presies hoe julle ons maak voel het - tuis, want... "almal het 'n plekkie op die kunsvlyt vloer..." en ek sal my plekkie nooit vergeet of wou opgee vir enige iets in die wêreld nie, maar darem weet ek ook, hierdie is net die begin!! En ek weet ek het amazing mense saam my om hierdie nuwe avontuur aan te pak! DANKIE!!!!

Liewe Dagboek,
Ons het darrem voorkeur gehad met vandag se projek. Gister het ons die Instruksie vorms vir vandag se uitdaging gekry. “Die Denim herwinnings uitdaging”. Dit het my darrem genoeg kans gegee om navorsing te doen. Ek het besluit om ‘n Denim “Junk” Joernaal te maak, of soos Trudie dit toe doop “Denim Herwinnings Joernaal”.
Ek het op die projek besluit omrede ek dit verskriklik geniet om joernale te maak. Ek wou vandag veilig speel, want ek beplan die om my kwasse op te rol nie. Die eerste 3 weke was maar “touch & go”, en na dit het ek besluit ek sal nie opgee nie.
Ons was almal baie opgewonde, en ek het geweet vandag gaan die kompetisie taai wees. Al my mede- deelnemers is verskriklik talentvol, en ons gaan almal vandag uithaal en wys.
Die uitdaging het heel rustig begin, maar so 15 minute in, besef ek, ek het dag biedjie te veel hooi op my vurk met die een gelaai. Realiteit het ingeskop. Dit vat my gewoonlik tussen 1 tot 4 maande om ‘n joernaal van begin tot einde te maak. Dit sluit nou die bind van die joernaal, die buiteblad, asook die versiering van die bladsye in.
Ek het vandag ‘n paar gewaagde tegnieke gebruik, wat my oorsese en Suid-Afrikaanse mede-“Journalers” se hare sal laat reis.
Van die gereedskap wat ek gewoonlik sou gebruik, is glad nie in die winkel beskikbaar nie, en ek moes vining plan maak om my projek te voltooi.
Onder omstandighede dink ek het my joernaal baie mooi uitgekom, ek is veilig en is volgende week weer terug op die Kunsvlyt vloer.
Alhoewel ek baie verlig was dat ek weer volgende week gaan terug wees, was my hart baie seer. Elanie moes vandag haar kwasse oprol. Sy het haar hart en siel die pragtige uilsakkie ingesit, en dit was vir my een van die mooiste produkte op die vloer vandag.
Gelukkig woon ek en Elanie baie na aan mekaar, en ons het beslis ‘n wonderlike vriendskap gevorm.
Nog ‘n week is verby, wie weet wat volgende week op ons wag…

Dit raak sleg om elke keer iemand te sien huis toe gaan. Berne en Michelle smokkel met ons koppe. Ons staan elke oggend voor ons moet opgaan en raai wat daar vir ons wag. Elke keer slaan hulle ons vir ‘n ses. Ons het 24 uur voor die episode gehoor ons gaan ‘n ou denim kry. Baie nice om ons te laat voorberei, of is dit nie moeiliker nie? Jou kop gaan om en om. Naderhand wil ek niks meer sien op Pinterest nie. Ek wil nie meer aan een idee dink nie.
Ek was seker ons gaan almal presies dieselfde ding maak!


Raai wat, daar was nie een produk wat dieselfde was nie. Dis ongelooflik om te sien wat elkeen gemaak het. Soveel mooi uiteenlopende projekte. Dit was lekker vandag. Ek sal verseker dit weer by die huis probeer. My man is baie heilig op sy ou denims met gate in. Nou sal hulle ‘n mooi arty stille dood kan sterf.

 

Vandag is weer ‘n lang dag – ons het 2 episodes wat ons skiet! My beplanning is klaar en ek is reg om te gaan inkopies doen…. Al waaroor ek bekommerd is, is dat ons “baba” denims kry en nie volwasse denims nie!  Ek het Jimmy jeans nodig, en dis nie Jimmy Choo nie maar Jimmy Abbot