Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

LET WEL: Die liewe dagboek segment word netso vanaf die deelnemers geplaas. Dit is in hulle eie woorde geskryf en geen korreksies weglatings of veranderings is aan die teks aangebring nie.

Vanoggend voel ek aangetrokke tot die kleur, Teal ... Ek is vreeslik opgewonde om terug te wees op die Kunsvlyt vloer, want vandag gaan ons Mark toe!
Eerste wat ek aan dink is Barbiepop klere, maar die idee word vinnig eenkant toe gestoot deur die Teal kleur wat voor my flits. Gedurende beplanningstyd sien ek n pot met blomme. Ek besluit om die teal op te breek en die pot in n ombre effek van bloue en groenblou te verf. Blomme herhinner my aan skoenlappers en kerslig.


Ek sien hoe die kerswas teen n kers afloop en n nuwe begin. (Skoenlapper) Ewe skielik voel ek omring met n liefdevolle atmosfeer... Ek wil die gevoel vasvang. 'n Hart vormige fotoraam trek my aandag ... bedek met knope ... want knope se funksie is juis om vas te maak en bymekaar te hou. Die opgewondenheid en pret tydens die 2 en n half uur uitdaging loop oor op my gesig. Ek is baie trots en in my skik met my projekte. Love it! Dit was AWESOME verby!

Weereens n opdrag so reg in my kraal.  Die stress verdwyn sommer vanself as jy presies weet wat jy wil doen.  Ek het heerlike gewerk aan my items, n boek, n fotoraam en n boekstaander.  Lekker baie produkte en materiaal om van te kies.  Maak die beplanning baie maklik.  Die beoordeelaars het ook vir my goeie kommentaar gegee.   Weereens n goeie dag gehad.  

Sjoe na verlede week se groot bederf kan ek nie anders as om met 'n huppel op die kunsvlytvloer te loop nie! En dan kom realiteit terug na jou toe dat verlede week is in die verlede, 'n nuwe dag, nuwe uitdaging, nuwe kans dat jy kan huis toe gaan ... die uitdaging is 3 VERKOOPBARE items, o gits, ek nie eintlik in voeling met watter soort items verkoopbaar is op 'n mark nie, ek staan altyd aan die ander kant van die tafel/stalletjie. OK so dink, wat sal jy graag wil koop by 'n mark? Iets vir die huis, iets prakties...'n sleutelhouer! Great, one down, two to go...soos ek rond kyk na die potensieële produkte dink ek aan verlede week se "wreath" uitdaging en ek dink dadelik aan 'n dogtertjie se bed - iets vir bo haar bed of iewers teen die muur...en laastens dink ek aan 'n portret wat ek lank terug gemaak het waarvan my vriendinne so baie van gehou het, dit ook bietjie meer my styl (speel met verf).

 

Die kleure op die rak is nie regtig my styl nie, maar ek moet werk met wat ek kan, ek begin met die beskikbare blomme en werk van daaraf, ek was in my bubble, ek het lekker gespeel en het lekker gevoel oor my finale produkte!

 

Aan die einde van die uitdaging kyk ek rond en dink ag tog, hierdie dames rondom my is só next level, hoekom het ek nie daaraan gedink nie, maar is dit nie juis hoekom jy hier is nie Elanie, omdat jy nié soos hulle dink nie en jy aanklank by 'n  ander demografie gaan vind? "You just do you" hoor ek in my gedagtes, ek kyk af na my projek en glimlag van oor tot oor en dink hoe trots is ek op myself - ongeag wat die uitkoms gaan wees - "you just do you"...

 

Liewe Dagboek,
Vandag het ek baie positief opgestaan en ek wil net “Craft”. Dit is tyd om ons Markdag projekte te maak en ek het seker gemaak ek koop genoeg vir tenminste 6 projekte. Die “catch” is net, ons het net 2 ure om 3 verkoopbare produkte te maak. Ek het tussen my eerste twee projekte afgewissel. Terwyl die verf droog word op een doen ek iets anders op die ander een. Ek het vandag ook weer ‘n nuwe tegniek probeer wat ek op YouTube gesien het. Die “Tie Dye” verf tegniek. Ek kon nie glo dit het gewerk nie.


Toe my eerste twee projekte omtrent klaar was, sien ek waar die tyd staan en ek besef dat ek nie my derde projek te groot moet maak nie. Vandag het my “Shop tot ek Drop” strategie goed van pas gekom. Ek het nie ‘n idee wat om te maak nie. Ek vat die klein vierkantige canvas en verf dit heeltemal wit en staar daarna, gebruik toe die agterkant van my kwas en trek ‘n halfmaan oor die onderkant van die nat canvas en teken toe sommer ook 3 skewe huisies bo-op die halfmaan. Toe val alles net in plek. Ek het nog nooit so vining met ‘n idee opgekom nie. My oppervlak en vloer gedeeltes is skoon en ek het betyds klaar gemaak. Ook maar net-net.


Dit is tyd vir Michelle om die wenner aan te kondig, en BOOM!!! Sy sê Vandag se wenner is, … .. . Heidi!!!!! Wat? EK? Ek kon dit nie glo nie. Ek was so geskok en uit die veld uitgeslaan. ‘n R1000 PNA geskenkbewys en ‘n fantastiese geskekpak van Faber-Castell. Wow!!! Dit voel darrem so lekker, en dit gee mens sommer weer moed. Dankie Here - vandag was AWESOME!!!!!

Dear Diary, 

 

I am emotional and sad today. I have to say goodbye to some of the most amazing people I have ever met. From contestants that I have made lifelong friends with, the judges that I admire, to the most amazing production team and of course the Kabouter. I have learnt so much about myself and what I am capable of. I have learnt a LOT about crafting. I have laughed…and cried! I have learnt that your attitude determines your altitude. I have learnt that bad choices give you bad results!! (oh boy today I learnt that the hard way). This was my challenge to win but I had to be stubborn! This has been an amazing journey … To all the contestants here, you are all so talented and deserve to be here! I feel so honoured to have been one of the ten. To Berne…thank you for EVERYTHING To the judges…you are all amazing and I feel blessed to have had the privilege to meet you.

 

God Bless you all. I am excited to see the projects that get done in the next episodes!!

 

Dis markdag op die kunsvlyt vloer. Ons moet elkeen 3 items maak wat voor gelê moet word aan die organiseerders van ‘n mark. In 2 ure!!! Dis ‘n tawwe een. Ek dink aan wat ek sal koop op ‘n mark, daar moet iets goedkoper ook wees. Ek’t ‘n swart canvas met wit daisies, ‘n Frida Khalo canvas met stensil werk en 3 harte. My Frieda Khalo was êrens op ‘n dieet… Sy lyk bietjie maer. Maar tyd is min! 3 hout harte kom net, net betyds bymekaar. Ek sien ander markdag items op ander tafels wat ek definitief sal koop. Ek is nie huis toe nie, elke keer wat ek nog in is, is net genade en ek is dankbaar.

 

Ons meld weer 8:00 aan op stel. Ons het teen die tyd al die sonkolletjies voor die steldeur uitgesniffel om in te sit en wag vir die “call”.  Ons sit lekker en kuier met mekaar en vergelyk ons gebrande vingers! ?

 

*By ontbyt kry ons die opdrag vir die volgende dag. Ons kry 24 uur tyd om navorsing te doen vir ons Denim projek!

 

Ek kan nie glo dat ek al ‘n week hier is nie! Dis so ‘n wonderlike ervaring. Ek geniet elke oomblik van hierdie geleentheid! Ons stap op die Kunsvlyt vloer.  Nou net 8 van ons. Michelle gee die opdrag.  Ons moet 3 items maak wat ons by ‘n Mark kan verkoop.  Dit moet prakties en verkoopbaar wees. Ek maak ‘n kamerverfrisserbal, parfuumboks en fotoraampie. Dis ‘n baie lekker projek en ek kan myself uitleef met al my kreatiewe vaardighede. Die dames maak die mooiste items en mens kan regtig sien elkeen geniet hulself met hierdie projek! Hiedi wen met haar produkte en ek kom 5de.  Jenny word ongelukkig gekies om huis toe te gaan. Ons almal is hard aan die werk om navorsing te doen vir ons volgende dag se projek met die denims.  Ek het so baie idees by vriende en familie gekry – nou moet ek net iets besonders kies!