Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

LET WEL: Die liewe dagboek segment word netso vanaf die deelnemers geplaas. Dit is in hulle eie woorde geskryf en geen korreksies weglatings of veranderings is aan die teks aangebring nie.

Ek het uiteindelik my ritme ontdek en is vreeslik opgewonde vir vandag se uitdaging... Borduur rame! En net toe die idees een vir een opduik, word ek, Teresa en Elanie (as wenners van Episode 4) Lekker bederf met n High Tea partytjie op die Kunsvlyt vloer. Wat n lekker verrassing, maar ek kan nie help om bietjie teleurgesteld te voel nie. Wou so graag deelneem aan hierdie uitdaging. Alhoewel... n koppie tee is nou net wat ek nodig het. Gedurende die uitdaging, verlang ek vreeslik na my werkstasie. 2 ure is vinning verby en die uitdaging kom tot n einde. Ek kyk oor die Kunsvlyt vloer na almal se projekte en Voel skielik baie verlig dat ek nie nodig gehad het om hierdie uitdaging aan te pak nie. Almal se projekte is so besonders mooi. Ek kan nie wag om te sien wat die volgende uitdaging inhou nie!

Dit was n lang dag, met dubbele episodes. Na vanoggend se groepsuitdaging was dit lekker om my eie ding te kon doen. Ek het vd opdrag gehou met die borduurrame. Dadelik geweet wat ek gaan doen. Dit was bevredigend en ek was tevrede met die eindproduk. Die opdragte bly interessant en dra by tot elke dag se afwagting. Dis vir my lekker op die Kunsvlyt vloer. Mooi bly!

Waaaaaattttt?????
Jong hierdie beoordeelaars het soveel verrassings vir hierdie jaar se program, maar hierdie een was ONGELOOFLIK!
Het op die kunsvlyt vloer geloop, die mooi gedekte tafel gesien en gedink ons gaan dekor vir 'n tee-partytjie moet maak en my kop het vir 'n oomblik gaan stil staan, maar dankie tog dit was nié die uitdaging nie! Dit was ons, die wen span van die vorige episode, se bederf!! WOW!!!

Was dit nou behoorlik 'n bederf!!! Ek het nie geweet waar om te begin smul nie, ek het die ander deelnemers eintlik jammer gekry, kon my nie indink hoe dit moes voel om te sien kuier en hulle moet onder druk werk nie. Ek kla nie té veel nie, maar shame...

Dit is nogal baie anders om van die ander kant af na die kunsvlytvloer te kyk, kan sien hoekom die beoordeelaars dit geniet, jy is nie só vasgevang in jou eie wêreld nie, jy kan almal se projekte en vordering gelyktydig dop hou, great stuff!!

Ek het defnitief nie aandete geëet nie, ek verstaan nou hoekom die grootmense altyd vir die kinders sê: "eet eers jou kos dán sweets", dit is omdat jy nie altwee kán eet nie, dit is een of die ander en vandag het ek éérs my sweets geëet mmmmmm.....

Liewe Dagboek,
Wat ‘n Awesome dag! Ons stap op die vloer en daar lê ‘n klomp hout borduurrame op die tafel langs die beoordeelaars. Maar daar moet altyd iets wees wat ons gaan verras. Aan die ander kant van die beoordeelaars staan nog ‘n tafel bedek met die lekkerste nageregte en tee. Nou is ek sommer lus vir iets soets. Die tafel was vir die wenners van die groeps uitdaging. Hulle het immuniteit gekry en gaan nou lekker teepartytjie hou terwyl ons gaan werk, maar ek is heeltemal ok daarmee. “Oh, my Goodness” ek is in ‘n ander wêreld! Ek het ‘n overload van idees en wil nou net begin.
Ek het besluit om ‘n Droomvanger met 3 verskillende groottes rame te maak. Ek was nog nie seker van ‘n tema nie, maar het genoeg “Ge-shop” om seker te maak ek het ‘n paar opsies.
My stensil werk van die Mandalas op die hessian was foutloos en my middelste raam was my focus punt. Alhoewel ek nog nooit van tevore ‘n droomvanger “gevleg” het nie, het ek wel die vrugte van my ure se YouTube videos kyk, gepluk. Die droomvanger het perfek uitgekom. Ek het my projek afgerond met blomme, Lint en krale. Ek was vandag in my nappies met my projek, en word die geleentheid gegun om volgende week weer deel te wees van Kunsvlyt 3.

Liewe Dagboek,
Ek voel broos na verlede week se uitdaging. Ek wou nie vandag met helder kleure werk nie, ook nie met bore, hamers of harde goed nie. Vandag kies ek om met alles wat sag is te werk: materiaal in sagte kleure, felt, pom-poms, opstopsel, hartjies, knopies en strikkies. Daarom kon vandag se uitdaging op geen manier meer gepas vir my wees nie - borduurringe!
Ek het dit ter deë geniet om die windklingel te maak. Ek was goed vir myself. Ek het na my binnekant omgesien en na my binnewaters geluister. Die eindproduk is vir my mooi, dit is sag en vroulik, dit maak ‘n vriendelike geluid en laat mense welkom en tuis voel. En, dit gee hoop. Soos ek tydens my onderhoud gesê het: As die wind waai, klingel die klokkies en die linte wapper, en dan… kom die reën.
Dit is duidelik sigbaar dat hierdie item uit die hart, en nie die kop, gemaak is – kyk maar net na die informeel geknoopte linte en skewe punte en sien ook die spore van onnet wat die gomgeweer agterlaat op ‘n broos en fyn lintjie. Dis dan wat ek verstaan van negende plek, dit was die laaste plek, en ek kan dit net so aanvaar. Want ‘n kunsvlyt-meester kan vir seker nie toelaat dat die broosheid in jou hart in jou eindproduk wys nie.
Dankie vir ‘n onbeskryflike ervaring, vir al die harde werk om hierdie program aanmekaar te sit en vir julle omgee-harte, vervaardigers, ondersteuningspan, beoordelaars en kamaramense. Ek salueer julle.
Ek gaan weg met ‘n dankbare en tevrede hart en met baie meer kennis in my kop.

Niemand is laas week huis toe nie. Maar ses van ons moes vandag deelneem terwyl die wenner van laas week – teepartytjie hou!

Toe ons in stap lê daar borduur rame op die tafel. ‘n Klomp!
O hemel ek is nie goed met toutjies vleg nie, ek kan nie eers hekel nie.

Gelukkig kan ons die rame enige manier gebruik. Onmiddellik dink ek, plak dit vas. Dit is maar effentjies op sy eie. Ek plak myne vas, op ronde canvasse en verf, plak rommel em maal calico strikke. Dit is ‘n lekker episode.
My hart is baie seer Karli is uit. Ek wens ek het nog tyd gehad saam met haar. Sy is ongelooflik kunstig en ‘n ongelooflike mens.
Hoor geloof is so stil en sterk!

 

Ons stap in en sien ‘n pragtige, deftige tee-tafel gedek vir 3 persone op die Kunsvlyt vloer. Al waaraan ons dink is, ons moet ‘n teestel versier of so iets!

Maar Michelle vra dat ek, Danielle en Elanie gaan aansit by die tafel aangesien ons die vorige episode gewen het… WOW! Ons word bederf met die lekkerste eetgoedjies en tee bedien in pragtige silwerware.

Die res van die dames kry 3 borduurrame om te versier. Ons sit en bespiegel wat ons sou doen met die rame terwyl ons saam tee drink. Dit was so lekker om die 2 jonge dames beter te leer ken. Ons het later gespot en gesê dis my 2 kuikens! Later sit ek en hekel blomme en hulle leer hoe om “loom” blomme te maak. Dit was baie pret!

Die laaste minute word afgetel en ek dink, my dag was voorwaar besonders!

Ronell wen die episode met haar pragtige projek met die plaas tema. Karli se projek kom laaste en sy moet ons ongelukkig verlaat!

Ons kom amper donker van die stel af en ons almal is poot-uit!