Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

LET WEL: Die liewe dagboek segment word netso vanaf die deelnemers geplaas. Dit is in hulle eie woorde geskryf en geen korreksies weglatings of veranderings is aan die teks aangebring nie.

Liewe dagboek, 

 

Kan jy glo ons trek al hier! Die "kompetisie" het nou vriendinne geword. Dit maak dinge minder lekker!

Ons het vandag in n groep meegeding. Ek, Ronel en Heidi. Ek is nie altyd seker hoe ek oor groepwerk voel nie. Die lekker is ander se raad en insig. Die sleg natuurlik dat mens nie saamstem oor als. Ronel is so oulik met die leiding neem. Sy laat jou voel tot jou slegte plannetjies is oulik :) Die strepe verwery het my in minder mooi tale laat praat en mens hoop maar net alles is mooi uitgebeep. Ek dink ons finale projek was fabulous! En ons drie het die saamwerk glad nie sleg hanteer nie. Dankie julle twee! 

As my ingangsportaal n make over nodig het, lui ek julle onmiddelik xxx

 

Hier is dit nou!

Die dag wat my uitdaging niks met die projek op die Kunsvlyt vloer te doen het nie ... Groepswerk ... Vader, help! Asb ... Is al wat deur my kop gaan. Ek is dadelik opgewonde om te hoor ons uitdaging is n ingangsportaal organiseerder. En is selfs meer opgewonde om saam met Elanie en Teresa te kan werk.
Twee merkwaardige vrouens en kunsvlyters. Gedurende beplanningstyd het ons 3 dadelik geclick met ons elkeen se verskillende idees en kon vinnig ooreenstem en besluite maak oor ons kleur skema, tegnieke en wie van ons vir waste take verantwoordelik is.

Met inkopiestyd het ons 'devide & conquer'. Deur die loop van die uitdaging, het ek n paar benoude oomblikke ervaar, maar kon myself gou reg ruk om ons projek suksesvol te volooi. Ek het elke oomblik van hierdie uitdaging geniet en kon nie vir beter spanmaats gevra het nie. So dankbaar. Maar net toe ek dink die excitement is verby, is ons vandag se wenners!

‘n Onvergeetlike en baie spesiale dag op die Kunsvlyt vloer. Ek verstaan uiteindelik die betekenis van "3 koppe is beter as 1"

 

Vandag se groeps uitdaging was moeilik omrede ons 3 deelnemers was met 3 verskillende persoonlikhede. Ek het gou besef ek kan nie domineer nie maar moet wel ook n positiewe bydrae maak. Hier gaan dit oor die groep en nie jyself nie. Ek voel ons het nie 100% goed beplan nie en dit het gewys in ons finale projek.


Weereens het ek baie geleer. Voel positief.

Liewe Dagboek 4, 

Groepwerk, die een dag waarna so baie op sien, maar vir my was dit die dag wat ek só baie geniet het!! Dit was absoluut omdat ek 'n great groep gehad het, ons style was gladnie dieselfde nie, maar ons het geweet hoe om saam te werk en een "neutrale" tema te kies waarvan ons al drie gaan hou - en dit het gewerk!!

Ek het sommer van die begin af aangebied om met die gereedskap te werk, omdat ek by die huis so vlink werk met die goed, maar natuurlik op die kunsvlyt vloer werk dinge bietjie anders...ai toggie, maar gelukkig is daar niks soos 'n bietjie "elbo-grease", draai sommer die goed met jou hand in, my spiere het darem 'n gym sessie gekry! Wow!!! Dit is al wat ek kan sê toe ek ons voltooide projek sien! Ons het só goed saam gewerk en ons finale produk het dit gewys!

Dankie "mamma" Teresa en liefste Danielle N, hulle was ysters!

 

Liewe Dagboek,
Ek het ek opgewonde en positief opgestaan. Dit is amper weer tyd vir nog ‘n persoon om huistoe te gaan en ons almal vermoed dat vandag ‘n Groepwerk uitdaging gaan wees. Ons vermoede was reg.
Net voor ons ingaan op die Kunsvlytvloer kom Berné na ons toe met ‘n Kunsvlyt sakkie in haar hand. Ons word gevra om elkeen ‘n Gilatos stokkie uit die sakkie te trek. Ek, Ronell en Charlene trek dieselfde kleur stokkie en dink dat ons in dieselfde span gaan wees. Ons besluit toe dadelik dat ons gaan saam werk, en met die eerste persoon wat met ‘n idee opkom, se plan sal gaan.
Soos ons instap kan jy nie die 3 groot Kaste mis nie. Dit het ‘n Kis onder en ‘n plat gedeelte agter wat natuurlik teen ‘n muur moet staan. Michelle verduidelik toe dat ons 3 in ‘n span saam ‘n Ingangsportaal Organiseerder moet maak. Terwyl ons so met ‘n halwe oor na Michelle luister sê Ronell sy het ‘n idee.
Ons tyd begin en Ronell gee vir ons elkeen iets spesifieks om te doen. Alles verloop die eerste helfte redelik goed, maar soos met meeste spanuitdagings raak dinge partykeer so bietjie krapperig. Ek het soos die gover gevoel in die uitdaging. Ronell en Charlene kon elkeen iets kreatiefs doen met karakter. Ek het die stuk lap geverf om die kussing vir die kis gedeelte mee oor te trek, Gate geboor en hier en daar iets geverf. Die boordery was nogal fun, alhoewel ek en die boorpunt so bietjie baklei het, ek dit so paar keer laat val het ens. Ek het toe maar die Multi tool gebruik wat nogal goed gewerk het.
Soos wat die tyd uithardloop, loop die spanning tussen ons hoog, ek het op een stadium vir my sppanmaats gesê hulle moet net bietjie rustig raak want ek het gevoel of ek 10 hande nodig gehad het ... Heidi verf dit, Heidi hou hier vas ... Ag maar ons het vinning weer ontspan en het op die oueinde van die dag 2de gekom. Sou dit die Here se Wil wees dat ek nog hier gaan wees met die volgende groepwerk uitdaging, gaan ek ‘n punt daarvan maak dat ek en my spanmaat(s) saam stem dat ons op mekaar se sterk punte moet staat te maak.

Dear Diary,

 

I am exhausted physically, mentally but mostly emotionally. Forgive me today but I don't have much to say. Today was extremely difficult for me.
Despite that I still love being on the Kunsvlyt floor. I wouldn’t change this journey I’m on for anything.

Liewe Dagboek, of nee, Dagboek (want daar is niks lief aan vandag nie),
Urrrgh. Vandag was aaklig. Ek voel dolleeg en ons produk is vir my baie lelik. Danielle V het amper omgeval toe ek sê dis lelik! Hahahaa! Gelukkig is “beauty in the eye of the beholder…”, en askies dat ek so ontaktvol eerlik was!
Sjoe, wat ‘n uitdaging! Omdat elkeen van ons ‘n unieke styl en sterkpunte het, het ons die projek in drie verdeel. Sodoende kan elkeen haarself uitleef in wat sy graag wil doen, met dien verstande dat ons volgens dieselfde kleurskema en tema werk en alles later bymekaar bring. Ons beplanning het myns insiens goed afgeloop, en elkeen kon eienaarskap neem van haar gedeelte, maar die praktyk het ons gerol! Behalwe vir Danielle se kussing, het niks volgens beplanning gewerk nie! Jenny was meer betrokke by my deel as by hare, ons hake was nie stewig geheg, my agtergrond was dood, Jenny se horlosies wou nie tiek nie, en die een raam was leliker as die volgende! Die dinge het nie bymekaar kon kom nie.
Hoewel dit niks lekker was nie, wil ek tog iets positiefs uithaal: ons het baie potensiaal gehad om ‘n emosionele bom te laat ontplof, maar dit het nie. Ons hantering van die situasie was goed, inaggenome die groot verskille in style, persoonlikhede, werkswyses en funksionering onder druk. Dit is waar ons oorwinning gelê het. En in die feit dat môre ‘n nuwe dag is.

Ons almal weet daar gaan ‘n groep uitdaging kom. En toe ons vanoggend aantree, toe is dit so.

Ek, Charlene en Heidi is in ‘n groep. Ons uitdaging: ‘n voorportaal kas. ‘n Massiewe ding wat moet toe!! Ons verf boor, plak strepe, verf lap met chalk paint, raak bietjie vies vir mekaar, raak weer bietjie lief vir mekaar, maar belangrikste van alles, maak betyds klaar.

Maar sou gehou het van nog so 15 minute. Ek geniet elke oomblik van die kompetisie. Die mense praat my taal, hulle raak hoog op gom, mooi papier, verf en rommel. Net soos ek!

Ons moet 7:45 aanmeld by die stel. Lang dag wat voorlê!

Teen diè tyd wonder ons almal wanneer ons ‘n groep-uitdaging kry! Bernè gee ons oudergewoonte die volgorde waarin ons moet instap. Danielle Nortier voor my en Elanie agter my.

Met die instap slag sien ons 3 enorme groot ingangsportaalkaste. En ons weet… “Span-uitdaging”! Michelle kondig aan dat ons vandag in spanne gaan werk. Ek, Danielle N en Elanie in een span. Phew, wat ‘n verligting! Teen die tyd ken ons mekaar se sterkpunte en swakpunte.

Ons werk baie goed saam en komplimenteer mekaar. Ons almal verf saam aan die projek. Ek trek die bankie oor met spons en materiaal, Danielle versier die fotoraam pragtig met gold-leaf en Elanie werk die “power-tools” soos ‘n regte pro! Dis ‘n bitter groot projek en vat baie tyd. Ons maak net-net klaar!

Maar, ons span kom eerste en ons is baie dankbaar! Ons kry immuniteit vir die volgende episode. Ons wen elkeen ‘n Brother P-Touch labelmasjien en geskenkbewys.

Vinnig middagete en verander uitrustings en dan terug op stel!