Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

Ons kry sulke lekker uitdagings met elke episode. Hierdie was geen uitsondering nie. Het van die idee van die vetplante wat ons moes gebruik, gehou.

Daarmee saam moes ons ook glas, hout, klei en papier gebruik. Heerlike opdrag. Het tot die Brother Scan en Cut gebruik. Ek het gevoel dat hierdie een, een van my beter projekte was. Maar ek het n baie groot fout gemaak. Het nie my opdrag nagegaan en gekontroleer nie. Het heeltemal vd papier vergeet. Nadat dit aan my genoem was, het ek dit eers besef en toe was dit te laat. Op hierdie stadium vd kompetisie is sulke foute fataal en ek het die prys daarvoor betaal.

Ek is trots op my items wat ek gelewer het. Ek het altyd my beste gegee, wonderlike mense ontmoet en baie geleer. Ek gaan huistoe met die wete dat ek bevoorreg was om deel van Kunsvlyt 3 te kon wees. Weereens baie dankie vir die hele reis van Kunsvlyt 3, 2019.

Groete!

Liewe Dagboek, Top 4!

Ek kan dit nog nie glo nie. Dit is net deur God se onbeskryflike Genade en Liefde dat ek vandag nog deel van Kunsvlyt is. As dit U wil is Here, net nog vandag asb. Vandag is die laaste uitdaging voor die Finaal. Soos ons op die Kunsvlyt vloer loop, sien ons net vetplante, en ‘n oulike “3-Tier Stand” wat gepak is met vetplantjies, botteltjies en allerhande tierlantyntjies. Dit lyk interessant, maar wat op aarde kan dit wees? Op ons werkstafels is daar ook dieselfde “3-Tier Stands”, ongeverf en leeg. Michelle verduidelik die uitdaging, en ons moet “Stapelstasies” maak. Ek het al voorheen dit gesien, maar nooit geweet wat dit genoem word nie. Die instruksies is vandag ook baie meer as gewoonlik, en ek sal moet goed kophou om seker te maak dat ek niks uitlaat nie. Ek “spot” ‘n teepot en teekoppies in die rommelkas. Ek hoop nie iemand anders sien dit ook raak nie. Toe ons winkeltyd begin, kon niks my keer nie. Met my seer been / heup en al het ek vir daai teepot en koppies gehardloop. Ek het ook sommer ‘n paar mooi bottels en ‘n klomp vetplantjies gegryp. Dit het vir my gevoel soos “Black Friday” – Almal gryp vir die specials! LOL! Ek het ook so amper my papier vergeet, maar darrem ‘n pak van die Wholesaler se rak sekondes voor die klok gestop het afgehaal.

My kleurskema was Teal, Rooi en Wit en my Stapelstasie se basis wou ek ‘n antieke, konkruit voorkoms gee. Ek het net voor die eindtyd gou seker gemaak dat ek die vier elemente wat op die Stapelstasie moes voorkom wel onthou het. Gelukkig het ek. Die vier elemente was Papier, Hout, Glas en Klei. Ek kan nie glo ek het betyds klaar gekry nie. Ek hoop en bid my Stapelstasie was goed genoeg om deur te dring … .. . En dit was! Dankie Here, ek is soooo dankbaar. Ek is deur na die Finals toe. Ek, Ronell en Teresa het elkeen ook ‘n Splinternuwe Brother SDX1200 Scan & Cut Masjien gewen. What a Blessing. Top 3!!! WHOOO HOOO!!!!!

Ons kry ‘n stapel stasie, wat ‘n snaakse naam vir ‘n cupcake houer. Maar nou ja as hulle sêdis ‘n stapel stasie dan is dit ‘n stapel stasie..Ons moet hom mooi maak, ons moet glas, klei, papier, hout gebruik.Hulle voorbeeldis pragtig. Ons moet vetplantjies ook gebruik.Die rommelkas is ons vriend vandag. Die stapel moet vol en daar is allerhande gemorsies omte gebruik.Ek is so rustig en kalm, geen vloekwoord oor my lippe vandag. Ek gaan ‘n verbeeldingtuinmaak. Wou eers ‘n kabouter tuin maak, maar kabouter was nie meer op die rak nie. Nou isdit net blare, voëltjies, blommetjies en eiertjies.
 
Met rooi en wit blinker balletjies. Ek vatvetplantjies wat nie dorings het nie, niksmoet niemand kan seer maakin die tuin nie. Daaris deure na die geheime tuin agter die plante woud. Miskien ‘n kasteel. Dis vir jou om tebesluit wie daar gaan bly. Moet geen limiete aan jou verbeelding stel nie. Dit was so lekkeral gaan ek huis toe, sal ek nie omgee nie.

‘n Tafel met plante verwelkom ons toe ons die oggend op die kunsvlyt vloer instap.

Vandag moet ons ‘n staple-stasie maak. Versier en opvul met allerhande goed. Dit moet hout, glas, papier en klei insluit. Ek doen my beplanning en inkopies. Op my beplanning skryf ek klei en drukker, maar met die inkopies sien ek die Clay Club se verplante en besluit om eerder dit te neem.

My tema was harte. Ek het pragtige balle gemaak met tou en goiingsak. Die rommelkas was vandag my beste maat! Ek het gekrap vir mooi geroeste blikke, draad en glasbotteltjies. Dit was baie pret en ek het verplante tussen my bottels en blikke gesit.

Op ‘n stadium kom vra Trudie vir my waar is my klei item en ek wys haar my klei-vetplante van die Clay Club. Sy sê toe vir my dat dit nie as klei geklassifiseer kan word nie – o toggie! En ek het niks klei gevat nie!

Ek hou kop en fokus om net my stasie klaar te maak – al het ek nie ‘n klei item nie!

Gelukkig word ek nie gediskwallifiseer nie en wonder bo wonder, wen ek die episode! Ek was absoluut verbaas!

Danielle Viljoen gaan huis toe! En nou is ons Top 3!