Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

Op ons Kunsvlyt tafel staan n 3 Laaie Houtkassie. Opdrag was om dit te versier maar daar moet 5 tegnieke gebruik word. Tyd was min, baie verfwerk en dan nog al die tegnieke. Lekker uitdaging. Ek gaan groot, swart, wit en rooi is my kleurskema ipv my pienke. Ook n lekker een gewees en was gelukkig met die eindresultaat. Nie my beste werk nie, maar dit was netjies en betyds klaar. Dalk moes ek n tema gehad het. Het nie daaraan gedink nie. Partykeer vergeet jy iets, daars so baie om aan te dink. Druk en min tyd laat sy merk.

Ek kannie glo ek is nog deel vd program nie. Die talent en kreatiwiteit is baie hoog en eks deel daarvan. Voel bevoorreg.

Groete

Liewe Dagboek,


Die realiteit dat ek nou in die Top 5 is, is nou vars in my gedagtes. Dit gee my sommer hoop vir die week se uitdaging. Wat dit ookal mag wees. Die uitdagings word nou moeiliker en die beoordeelaars kyk nou na die projekte met baie fyn oë. Ons stap in op die Kunsvlyt vloer, en daar staan die oulikste 3-Laai Houtkassies op ons werkstafels. Onmiddelik begin my brein soos ‘n “search engine” werk en ek weet binne oomblikke wat ek wil doen.
Michelle verduidelik dat ons die laaikassie in ‘n tema van ons keuse kan versier, maar ons moet ‘n minimum van 5 Verskillende tegnieke gebruik. Ek gaan my Kassie ‘n Morokkaanse tema gee. My Tegnieke op my laaikassie gaan “Blending” verftegniek met Creative talents se Chalk verf, Chalk verf wax, Stencil werk, Gold leaf, Teëls & Spieëltjies plak, boor en inskroef en die Kaisercraft se “Mist Spray” wees.


My beplanning en inkopie tyd het vlot verloop en ek voel so positief. Ek het nog nie van tevore die “Blending” tegniek gebruik nie, maar tot my verbasing het dit baie mooi uit gekom. Die tyd loop vinnig uit en die tyd het aangebreuk vir die beoordeling. Liewe Trudie wys vir my uit dat ek nooit die plastiek bedekking van die spieëltjies afgetrek nie. “Oh my goodness!!!” Ek kon nie help om te lag nie, ek het eintlik biedjie simpel gevoel. So leer mens.


Die beoordeling is klaar en die spanning onder ons is hoog. Here, ek hoef nie te wen nie, ek wil net deurgaan na die Top 4 toe asb! En daar dring ek deur na die Top 4. Baie dankie my Pappa Vader, Baie dankie!


Dit is ‘n Wonderlike gevoel, maar nie alles is goed nie. Charlene moes vandag haar kwasse oprol. Ek persoonlik dink sy sou verder gekom het, maar as daar nou een ding is wat ek gesien het in my tyd hier by Kunsvlyt, is dit as jy emosioneel opstaan, loop dinge skeef. Charlene, jy is ‘n crafter van formaat, en ek is trots om jou my vriendin te kan noem. Alle voordpoed in jou “Journey” as Kunstenaar en Crafter vorentoe.

Ons is net vyf oor. Dis maar min, ons begin nou gewoond raak aan die stress voor ons op die vloer gaan. Ons almal se nekke gaan outomaties na ons tafels toe. ‘n Kassie met 3 laaie. Laaie is ‘n bliksem, hulle is vol hoekies en dit van ure om te verf. Ons het 2 ure.

Daar is baie hout wat moet toe. Ons moet nog ‘n klomp tegnieke ook gebruik. Ek verf soos ‘n afkop hoender. Na ‘n uur besef ek, dis ‘n groter projek as wat ek besef het. Ek decoupage, plak scrap papier, decoupage klei bakkies vir handvatsels.

Netjies werk is vir my amper die belangrikste. Tyd raak min, en netjies vat lank. Ek ink kurk velle vir bodem van laaie. Hulle pas nie en soos ek hulle in sit trek die ink streke aan die binne kant van die laaie. Ek vloek! Ek gooi een weg, maar later sny ek die orige 2 kleiner, sit hulle in die laai, ek vloek weer, touch die strepe op.

Vandag is my laaste dag. My laaie is nog nie toe geplak nie. Die pote moet nog gold leaf kry. Die kas val teen my kop dat my bril dáár trek. Ek vloek weer. Vandag gaan hulle op ‘n stretcher uitdra, vandag gaan ek die tydige met die ewige verwissel as gevolg van ‘n hartaanval, aangebring deur stress as gevolg van Kunsvlyt.

Daar is 10 minute oor, en niks van my is klaar nie. Die beoordelaars, maak ‘n aankondiging ons het 10minute ekstra. Weet hulle hoe lief is ons vir hulle? Net voor die ekstra tyd was ek soos ‘n zombie, ligte is aan maar niemand was meer by die huis nie. Ek kan sien wat ek moet doen maar ek het nie geweet wat om te los en wat om te vat nie.

Ewe skielik is ek rustig, ek maak alles klaar. Sit selfs op 2 plekke stensil werk by. Maak selfs draad rosies by. Ek brand my ‘n gat in my vleis met die glue gun. Ek vloek weer. Hopelik vir die laaste keer vandag.

As ek gerook het, het ek nou buite ‘n lang sigaret gerook.

5 Opgewonde dames stap op die kunsvlyt vloer! Ek, Heidi, Danielle Viljoen, Ronell en Charlene.

Ons stap in en daar is ‘n 3-laai kassie op ons werkstafel. Die opdrag is om hom met ten minste 5 tegnieke te versier. Ek kies die mooiste kleure om my Kassie te versier. Lig grys, lig groen en lig blou. Ek decoupage, verf, stensil, skryf, chalk, crackle en nog vele meer.

My Kassie lyk pragtig en ek is voorwaar trots op my werk! Ons kry ekstra tyd net voor die laaste pylvlak! Wat ‘n bonus – nou kan ek my kassie mooi afwerk met waks! RonelL wen die episode en Charlene gaan huis toe!