Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

LET WEL: Die liewe dagboek segment word netso vanaf die deelnemers geplaas. Dit is in hulle eie woorde geskryf en geen korreksies weglatings of veranderings is aan die teks aangebring nie.

Liewe dagboek,

En toe skielik staan 10 van ons soos blink ogige graad eentjies netjies in n ry, in afwagting om te hoor wat ons eerste opdrag gaan wees ... Êrens binne-in my is n mengelmoes van opgewondenheid en onsekerheid wat n vlinderdans doen.

Rondom ons is n skatkis van kuns produkte, 8 of meer kamera manne  hou ons elke beweging soos paparazzi  dop en toe is die aftelling daar,die adrenalien vloei en die vlinders is losgelaat.

Op ons werkstasies is die “muur” wat n reuse hout bord is.

Ek staar my blind teen die foto “muur” en sien net n “scrapbooking”/plakboek bladsy in my geestes oog en besluit dus om die hele bord soos n plakboek bladsy te maak.

Ons is vooraf gewaarsku om ook die instruksie papier op ons werkstasie te lees om jou deeglik van die opdrag te vergewis.Halfpad deur die projek het ek besef,ek wil my uitleg verander,maar helaas,die winkel is toe en my produkte is gekies!

Ek is steeds tevrede met my plakboek projek,maar ek sou meer gelukkig gewees het as ek die opdrag  weer deur gelees het en as n werklike muur gesien het en n tipe ingangsportaal “muur”gemaak het met n welkom bord,n raam of 3 met n foto as fokus punt,inspirerende woorde,n gevlegde krans,deurknop vir n sambreel en hakke vir sleutels.

Soos n oogknip is die tyd verby....ons staan buite en almal praat gelyk.Ek sien n vlinder op n blom en ek besef hoe bevoorreg ek is om saam met nuwe vriendinne hierdie reis te mag meemaak.

Vandag is die dag! Episode 1 ... Hier gaan ons! Kan nie wag om uit te vind wat ons eerste uitdaging is nie ... ‘n Kunsmuur ... Uhmmm wat’s dit??? Regtig Danielle, Begin ons so! Ruk jouself reg en fokus!

Skielik bevind ek myself (baie jare jonger) terug in my ouma en oupa se huis voor ‘n spieel en al wat reflekteer in my oog is die abstrakte kleure van die reis terug in tyd.

Idea 1! Acryllic pouring canvasses.

Idea 2! Spieel. Dogtertjie in spieel. Mosaic. Gold leaf.

Wat kan ek nog doen!!!

Toe sien ek die gehekelde lappie op die tafeltjie uit die hoek van my oog. Idea 3! Doily stencil op ‘n muur. Drie ... want drie is beter as een en alle goeie dinge kom 3! Happy Days!

Jou 3 ure begin nou ... En toe skrik ek wakker en besef ek het heeltemal te min tyd vir al die
entoesiasme ... 1 en ‘n half uur oor ... Bye Bye Danielle! Gelukkig was dit nie ‘n eliminasie rondte nie! Dankie Liewe Vader vir nog ‘n dag op die Kunsvlyt vloer.

My eerste dag op stel:   Onseker, opgewonde, nuuskierig,  was emosies wat deur my kop geflits het.  Wat gaan hierdie wonderlike geleentheid vir my beteken het ek gewonder?  Sou ek die mas opkom?  Ek het gou my voete gevind en heerlik aan my opdrag gewerk.

Die opdrag: My foto’s moet iets van myself vertel, het my soos n handskoen gepas.  Die familie foto’s het goed gewerk en ek het n projek gelewer waarop ek trots was.  Ek was gelukkig en het uitgesien na die volgende opdrag. 

Liewe Dagboek 1,

Ag my genade!! Hierdié dag het só anders in my kop uit gespeel...die opgewondenheid van Kunsvlyt dink ek was só oorweldigend dat ek totaal en al 'n "blank" geslaan het met die uitdaging!

Ek het letterlik 'n fokusmuur in elke vertrek in my huis, hoekom kon ek nie net die konsep van kunsmuur verwerk na dít wat ek al só baie keer gedoen het nie??

Nou lê ek hier en dink aan als wat ek kon doen en dan kom die spreekwoord "spyt kom altyd te laat" ook saam...ag tog!!

Dankie tog dit was nie 'n eliminasie dag nie, dit ook natuurlik het by gedra tot die "uit-freak-flop-projek" want ek dink dit is in ALMAL se gedagtes: " ek wil net nie eerste huis toe gaan nie"!!

Kom ons hoop en bid dit gaan beter met die volgende uitdaging?!

Liewe Dagboek,

Vandag was ons eerste uitdaging, my “eerste dag op TV!” My senuwees is gedaan, en ek het ook skaars ‘n oog toegemaak. Daar gaan so baie deur my kop: “Wat gaan ek aantrek? Gaan ek vining genoeg met ‘n idee opkom? Gaan ek alles wat ek gaan nodig hê onthou wanneer ek dit gaan koop? Gaan ek my projek betyds kan voltooi?”

Ek het geen idee gehad wat die uitdaging gaan behels nie, maar het gedink dit sal iets soos ‘n joernaal of ‘n gemengde Media canvas wees waarin ek moet beskryf wie ek is, en my fotos inkorporeer.

Voor ons op die stel ingestap het, kon ek voel hoe my hart in my keel geklop het. Ek was nog nooit so op my senuwees nie.

Ons stap op die vloer en die eerste ding wat my oog vang is die groot A1 hout canvasse op elkeen van ons se tafels. Toe is ek natuurlik uit die veld uit geslaan. Hoe op aarde gaan ek my 12 Klein fototjies op so groot Canvas rangskik sonder dat dit verlore gaan lyk?

Na ek alles ingeneem het, sê Michelle: Kunsvlyters, vandag moet julle vir ons ‘n Kunsmuur / Fotomuur maak”. Trudie sê: “Julle het 15 Minute beplanningstyd en 10 Minute Inkopietyd en Almie sê ons het 3 Ure om die Projek te voltooi. Alles lyk en gebeur glad nie soos ‘n mens dit indink of op TV sien nie? Party “Scenes” moes meer as twee keer gekiet word. Dit jaag my senuwees net nog meer op ‘n knop. Maar sodra Michelle sê: “Kunsvlyters, julle tyd begin nou!!!” is daar geen stop nie.

Met beplanningstyd het ek besluit om ‘n fotomuur te maak met ‘n hout agtergrond. My fotos gaan ek op verskillende groottes canvas monteer en dié dan op die Fotomuur monteer. My Kleurskema was Sahara, Pers en Pink. Ek het die kleure gekies om my Papier wat ek agter die klein canvasse geplak het te komplimenteer.

Ek het vir myself van die begin af gesê dat die enigeste strategie wat ek gaan hê, is om seker te maak ek “Koop” genoeg vir tenminste 2 projekte, net vir ingeval een flop. So was my eerste Koop sessie ‘n reuse sukses.

Ek dink my houtagtergrond wat ek met die “Wood Graining Tool” gedoen het, het baie mooi uitgekom.

3 Ure om so groot projek te doen is nie baie nie, die tyd vlieg wanneer jy so besig raak. My werkstafel en die vloer om my tafel moes skoon wees. Al wat op my tafel mag bly was my kunsvlytkwasse, my pennesakkie en skryfblok.

In my gejaag om my werkstafel skoon te kry, 4-minute voor my tyd verstreke was, sal ek mos my hele water bottel met vuil verfwater omstamp. Ek was so geskok, ek het net gehardloop om my bottel by die wasbak te kry, en my tafel af te vee. Ek het so sleg gevoelalhoewel ek betyds klaar gekry het, het ek agtergekom dat daar ‘n paar druppels van my vuil verfwater op Charlene se projek gespat. Ek het dadelik onverskoning gevra, maar ek glo nie sy was baie gelukkig met my nie.

Vandag was AWESOME, en ek het 6de gekom. Ek was net so verlig dat ek nie laaste was nie, en ook omdat vandag nie ‘n illiminasie rondte was nie.

BAIE DANKIE HERE vir die wonderlike geleentheid!

Ek sien baie uit om te sien wat volgende week vir ons wag.

Dear Diary,

When i woke up this morning I had to pinch myself to make sure I wasn’t still dreaming! YES it’s real I really am on Kunsvlyt 3! And I can tell you coz i know you’ll keep my secret! :-)

Today was the first challenge and I could not wait to get on the floor and create with all the stunning product. I was a bit apprehensive about having a camera on me but soon forgot all about that. Today was a wonderful challenge titled “what is precious to you” and we had a board on which we had to create a wall as if it was at home. We got to print out photos of our precious things ... I chose photos of my dad, my daughter and my late mother.

We got 3 hours for the challenge and until then I never realized how quickly the clock can turn. No one went home today which is such a blessing as I haven't had time to get to know the other contestants well, but already know we all have so much in common and that I'm going to make lifelong friends.

I am tired and sore in places i didn’t know existed but so so happy. What an AWESOME experience.

Liewe Dagboek,

Ek kan myself skop na vandag se uitdaging! Ek het myself gesink! En die prys was wonderlike Sharpies! Urrrgh! Ek moet leer om stil te bly, want toe Michelle sê dat dit ‘n slim manier is om rame op ‘n muur te teken met Sharpies, kondig ek luid en humoristies aan: “Ja, maar dis nogal permanent!” Dit was my eie doodsteek. Ek probeer myself troos deur te redeneer dat “spykers maar net so permanent soos Sharpies is - die verskil is Polyfilla of verf”. Maar dis hoe dit in my wêreld werk, en dis in elk geval nou te laat. Ek het geleer: Ek sê van nou af niks, of nee, ek sê van nou af: “Dankie.” Punt.

Die uitdaging was nietemin baie lekker. Dit was lekker om in hierdie nuwe omgewing, wat my intimideer met al die produkte wat ek nog nooit vantevore gesien of van gehoor het nie, en ook nie weet wat om mee te doen nie, die bekendheid van o.a. my mense in die foto’s te kon sien en aanraak.

Mý kwaliteit hang af van die kwaliteit van my verhoudinge met 1 my Skepper, 2 myself, 3 my familie (wat vriende insluit) en 4 my gemeenskap en omgewing. Ek glo dit het in my eindproduk gewys. Ek voel tevrede.

Liewe dagboek,

Ek kan nie glo vandag is die begin van Kunsvlyt nie. Ek was wakker lank voor my wekker, weet nie of dit senuwees of opgewondenheid is nie. Ek kan hoor die ander deelnemers is ook al op. Ek wonder hoe voel hulle? Ek ken nog nie regtig almal sodat ek kan eers kan raai nie.

Dit vat ‘n rukkie voor ons met ons uitdaging begin. Die kamera reg kry storie lyk baie makliker op televisie. Ek is dood bang om die heeltyd aanmekaar afneem te word vir ure lank. Sê nou ek slaan my naam met ‘n plank. My kinders sal hulle doodskaam.

Ons uitdaging begin, ons het 3ure. Ons moet ‘n groot plank versier soos ‘n muur in ons huis versier. Ek doen decoupage op ‘n canvas, wat ‘n gemors! ‘n Mens sal dink ek het nog nooit in my lewe decoupage gedoen nie. Die enigste plek vir dié gemors is in die asblik. Haal asem en doen wat jy moet. Die res van die oggend loop redelik goed af. My hart klop teen ‘n tempo wat my bekommerd maak. Hoe hoog moet jou hartklop wees voor mens ‘n hartaanval kry. 

Drie ure is om. Ek het dit oorleef, my hart is sterker as wat ek gedink het!

Ek kyk om my rond en almal lyk soos ek binne voel. Ons eerste episode en ons almal staan nog. Nou kan ons ook sien wat elkeen se styl is. Ek kyk weer na my projek en sien die stickers kom nie mooi tot aan die kante nie en dit irriteer my. Ek wens ek het net nog 5minute gehad.

Vroeg op – ontbyt eet en dan wag vir die 8:00 stel tyd. Almal is maar op hulle senuwees en weet nie wat om te verwag nie. Die hele kamera en mikrofoon ding moet mens nog gewoond raak aan. TV terme soos, speed, market, cut, voxies, ens. is maar volksvreemd vir my ?

Dit voel of ons sukkel om aan die gang te kom… Speed…. Market…. Cut… Voxies… so tusssen die nerwe wat so byt-byt! Ons lyk seker soos verskrikte kuikens op die Kunsvlyt vloer!

Ons het so paar keer die instap geoefen… en toe is dit sulke tyd! Michelle verwelkom ons en gee ons eerste opdrag vir ons. Skep ‘n foto bord van jou gesin of iets wat vir jou kosbaar is in jou lewe!

My genade maar daai bord op my tafel is BAIE groot! 15min beplanning en toe 10min inkopies… Sjoe, maar dis lekker om net in my mandjie te laai sonder om te betaal daarvoor! Ek het wonderlike idees wat ek met my mooi familiefotos gaan doen. My kleur skakering gaan perfek uitwerk saam met my fotos.

Fokus, fokus… dis al wat ek in my kop het! En natuurlik, werk VINNIG! En voor ek myself kan kry kondig Michelle af dat ons nog net 30min oor het. Maak gou mooi en plak die laaste blommetjies op my bord. My bord lyk mooi, maar ek wou nog skadu inwerk en detail insit, maar ek het my bes gedoen! Phew…

Kunsvlyters van die vloer af sodat die beoordeelaars hulle ding kan doen!

Die groep dames is verlig dat die eerste opdrag verby is. Nou moet ons net wag vir die beoordeling.

Veronika roep ons om solank “Voxies” te gaan doen – dis nou ‘n fancy woord vir ‘n kort onderhoud.

Dan word ons weer geroep om in te stap en by ons tafels te gaan staan vir die beoordeelaars om terugvoer te gee. Ek loer so na my linkerkant toe om te sien hoe lyk die ander dames se werk. Almal se werk lyk so mooi! “Gaan ek ooit die kerf maak om hier te bly?” wonder ek.

Die finale uitspraak word gelewer en Ronell wen die eerste episode met haar pragtige werk… en die beste is, niemand gaan huis toe vandag nie! Ek is darem derde vir my projek!